Home Page
About Us
Information
Freight
Order Form Request
Recipes
Links
Search
View Cart


   


Current Category

South African Books > Afrikaans Titles





ANDERKANT DIE STILTE

ANDERKANT DIE STILTE

Anderkant die stilte
TAF1035

As klein kindjie in Bremen het Hanna X al begin droom oor wat anderkant die stilte lê, waar die wind vandaan kom en palmbome wuif in die son. Haar kans om te ontvlug uit jare van mishandeling in ’n weeshuis en as diensmeisie, kom wanneer die owerhede in Berlyn in die vroeë jare van die 20ste eeu begin om meisies te werf om in Duits Suidwes-Afrika die manlike koloniste se behoefte aan vroue te verlig. As sy dit waag om haar te verset teen die attensies van ’n Duitse offisier op die trein tussen Swakopmund en Windhoek, word sy op onmenslike wyse gestraf en beland sy in die lugubere bouwerk van Frauenstein, diep in die woestyn. Uit dié bestaan van lewende dood word sy geskok wanneer die enigste mens met wie sy enige aanraking het, die jong meisie Katja, bedreig word met verkragting. Dit is dan dat Hanna X in opstand kom en ’n byna surrealistiese leërtjie op die been bring om die volle mag en geweld van die Duitse Ryk aan te pak en daarmee haar en Katja se menswaardigheid en se vroulikheid te bevestig. Hul apokaliptiese trek deur die woestyn word ook ’n reis deur die verborge streke van die gees en ’n openbaring van die dieper betekenisse van lyding, wraak, verraad, medelye, liefde en lojaliteit

Outeur(s)/Author(s): André P Brink
Formaat/Format: Hard cover + dust jacket (326 page/s)



Price:







QTY:

        
VOOR EK VERGEET

VOOR EK VERGEET

Voor ek vergeet
TAF1046

Chris Minnaar is ’n 78-jarige skrywer wat op sy oudag vir die soveelste keer verlief raak. Maar Rachelle is getroud, en deur haar raak Chris ook betrek in ’n vriendskap met haar man, ’n fotograaf. Dit is ’n baie intense driehoekige verhouding, wat hom daartoe bring om sy hele lang lewe in oënskou te neem, deur die lens van al die vroue by wie hy ooit betrokke was en wat elkeen op die een of ander manier ’n sleuteloomblik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die 20ste eeu verteenwoordig. Hulle wissel vanaf sy ma (nou 103 jaar oud) tot die verleidelike Driekie wat hy as dertienjarige seun in ’n vyeboom leer ken het, vanaf die besete danseres Daphne tot die yskoningin Isolde ... Party van hierdie liefdes is uitbundig, ander volkome kuis. Party het nooit eens gebeur nie, want vir ’n skrywer is die lewe van die verbeelding ewe belangrik as dié in die werklikheid.
Uiteindelik is hierdie roman ’n besinning oor man-en-vrou, en oor die liefde. Chris se aantekeninge word ’n hulde aan almal wat daartoe bygedra het om hom mens te maak, maar ook ’n oorwoë erkenning van dood en verganklikheid, in die wete dat die liefde onsterflik is maar die liggaam sterflik. Hierdie roman is vintage Brink. Vir lesers wat baie gehou het van romans soos Donkermaan en Kennis van die aand.

A 78-year old author is inspired by his last love to write about his life in terms of all the women he had loved, almost each one of them at a turning point in his country’s history. An engrossing novel about the meaning of love, the tone varying between an earthy humour and a deep melancholy. Vintage Brink. For readers who enjoyed novels like The Rights of Desire and Looking on Darkness

Outeur(s)/Author(s): André P Brink
Formaat/Format: Hard cover + dust jacket (384 page/s)



Price:







QTY:

        
`N STRINGETJIE BLOU KRALE

`N STRINGETJIE BLOU KRALE

Stringetjie blou krale, ’n
TAF1057

In haar derde roman spreek EKM Dido 'n netelige saak aan: rasse-vooroordeel binne die bruin gemeenskap. Nancy Karelse, gelukkig getroud en woonagtig in die Wes-Kaap, word skielik deur emosioneel slopende nagmerries geteister. Deur bemiddelling van 'n Xhosa sangoma, 'n wyse ou vrou wat deur haar bruin aanneemouers ingeroep word, kom sy by die wortel van die saak uit: sy het haar swart herkoms eers doelbewus en later onnadenkend misken. Met die aanvaarding van haar Fingo-bloed sit sy 'n hele kettingreaksie van verwerping en polarisasie aan die gang. Dido se belangrikste roman tot dusver.

Outeur(s)/Author(s): EKM Dido
Formaat/Format: Soft cover (192 page/s)



Price:







QTY:

        
LEILA WORD LIG

LEILA WORD LIG

Leila se huwelik is verby sy sell-by-date. Sy het dit nie in haar om bek te hou en onderdanig te wees nie. Die ander saak wat swaar op haar gemoed le, is die selfmoord van `n intieme vriend, die beeldhouer Jerome. Hoe hou die self-moordbrief wat hy vir haar agtergelaar het verband met die beeldegroep wat sy laaste werk was?



Price:







QTY:

        
PERELS EN DIAMANTE

PERELS EN DIAMANTE

softcover 221 pages

 

Al maak Rika `n bestaan deur liefdesverhale te verkoop waarin hygende heldinne telkens  deur aantreklike spierpaleise "gered" word, is haar finansiele en emosionele onafhanklikheid ononderhandelbaar, dankie



Price:







QTY:

        

 


Secure ecommerce shopping cart software
and credit card processing provided by ezimerchant

ecommerce Software